Toyota se nuwe Corolla eersdaags hier   

Toyota het oor die afgelope paar jaar R4,3 miljard in sy aanleg in Prospecton, Durban, belê. Dié belegging was om dié motorreus in staat te stel om ʼn nuwe model hier te vervaardig vir wêreldwye uitvoer… die spiksplinternuwe Toyota Corolla Cross.

Die nuwe Corolla Cross is van 1 November beskikbaar en vir die eerste keer in Suid-Afrika neem Toyota voorafbestellings vir dié buksie.

Wat presies is die Corolla Cross? Dit is ʼn kruismodel of eerder sportnutsweergawe van die Corolla. In Toyota se aanbieding pas hy tussen die Urban Cruiser en Rav4 in. Daar is drie spesifikasievlakke beskikbaar – Xi is die intreemodel, dan Xs met beter spesifikasies en dan die reeksleidende Xr.

Daar is twee dryfstelsels beskikbaar. ʼn Doodgewone 1.8 atmosferiese viersilinderpetrolenjin, óf ʼn hibriede weergawe wat ook van die 1.8 gebruik maar, mét elektriese motors by. Al die modelle – soos meeste hibriede voertuie – maak gebruik van ʼn CVT-palwisseltransmissie. Die 1.8 bied 103 kW en 172 Nm. Die hibried bied 90 kW en 172 + e Nm.

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en ses dienste-diensplan. Die hibriede model dra ʼn agt jaar waarborg op die battery. Die twee hibriedmodelle is weer eens bewys dat Toyota nou sterk fokus plaas op sy nuwe energie-aanbieding, en dié nuwe model sal die bekostigbaarste hibridiese voertuig in Suid-Afrika wees.

Die reeks lyk só:

Toyota Corolla Cross 1.8 XiR349 900
Toyota Corolla Cross 1.8 XsR390 100
Toyota Corolla Cross 1.8 XrR425 400
Toyota Corolla Cross 1.8 Hybrid XsR413 000
Toyota Corolla Cross 1.8 XrR448 300

Jy kan nou jou eie Corolla Cross hier bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

koos10 ·

Hierdie Toyota gaan ‘n groot inpak op die motor bedryf uitoefen. Dit is goedkoper om te koop in vergelyking met die sedan, plaaslik gebou en ‘n Toyota. EN ons Suid Afrikaners is mal oor ‘n SUV!
Automaties, netjies en ruim, met ‘n prys en toerusting vlak wat nogal sy mededingers ‘n ding of twee gaan wys.
Ek het, met die eerste keer toe daar oor die kar gepraat is, vermoed dat sy prys oor R500 000.00 gaan wees, want dit is dan ‘n Toyota SUV. Ek wonder net of die Cross die Fortuner se verkope gaan benadeel? Ek weet die twee is nie vergelykbaar nie, maar die prys is aansienlik minder.

Baie goed gedoen Toyota!

andre ·

Die Cross gaan definitief verkope by die topmodel Urban Cruiser en standaarmodel RAV4 wegneem.

koos10 ·

Boerkind, jy is reg, maar CVT het baie ontwikkel. Ek reken om hom te ry is die beste toets voordat die gekoop word. Maar wees bly, dit kon ‘n AMT gewees het!

Kirst ·

Die Toyota’s lyk al hoe meer soos Ford’s. Eers die Hilux met dieselfde vorm sierrooster (spelling?) as die Ranger en stukke swart plastiek orals aangeplak (soos die Ranger) en nou die kar wat ook so sierrooster het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.