Wen: Kaartjies na finale ronde van GR-beker

(Foto verskaf deur Toyota)

Ná ses rondes van die GR-beker in ons fantastiese GR 86-renmotor, is dit tyd vir die finale ronde.

Die National Xtreme Festival vind volgende naweek op 14 Oktober 2023 by Zwartkops-renbaan net buite Pretoria plaas.

Agt klasse sal weereens oor twee wedrenne meeding om hul wenners te kroon. Dit is die sewende en finale ronde in vanjaar se GR-beker.

Die punteleer vir tweede, derde en vierde plek in die 86-reeks is té naby vir woorde. Setshaba Mashigo het heel jaar sy puik vaardighede ingespan om die vorige ronde in Kaapstad al die kampioenskap op te raap.

Denis Droppa (TimesLIVE) lê tans tweede met 37 punte, Mark Jones (The Citizen) en Chad Lückhoff (AutoTrader) derde met 36 punte elk. Ek (Brendon Staniforth) (Maroela Media) is tans in die vierde plek met 34 punte.

By hierdie ronde sluit Riaan Esterhuysen, senior bestuurder vir kommunikasie en bemarking by Toyota, weer by ons aan ná hy sy staal in Kaapstad gewys het. Vir die eerste keer sluit Glenn Crompton, adjunkpresident vir bemarking en kommunikasie, ook aan by die aksie.

Die jaar is werklik in ʼn oogwink verby – maar wat mens geleer het in die afgelope 500 rondes is vaardighede wat mens vir niks sal verruil nie.

Die sewe ander klasse, G&H Extreme Supercars, Global Touring Cars, Supacup, Compcare Polo Cup, SunBet ZX10 Masters Cup, Mobil1 V8 Supercars en Investchem F1600’s beloof almal om hope vermaak te bied.

Só lyk die program vir Saterdag, 14 Oktober 2023:

Wen

Tien lesers staan danksy Maroela Media en Toyota elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na dié opwindende geleentheid op Saterdag 14 Oktober 2023.

Maak seker jou inskrywing bereik ons voor 10 Oktober 2023.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Oktober 2023 @ 23:45.
  • Die dubbelkaartjie bied toegang vir twee persone na die National Xtreme Festival op 14 Oktober 2023 by Zwartkops-renbaan net buite Pretoria.
  • Tien wenners sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die wenners se name sal op Maroela Media aangekondig word.
  • Die wenners sal deur Maroela Media gekontak word. Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners is nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Toyota kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy of jou metgesel mag ly voortspruitend uit die kompetisie nie.
  • Drankies (alkoholies en nie-alkoholies) en verversings is nie by die prys ingesluit nie. Enige onkoste wat jy die dag by die byeenkoms aangaan, is vir jou eie rekening.
  • Wenners moet óf self in Gauteng bly óf bereid wees om na Gauteng te reis vir die byeenkoms.
  • Jou vervoer na en van die byeenkoms is nie ingesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.