Zontes trek van Moederstad na hoofstad

Die Zontes 310-V plaas ‘n groot glimlag op my gesig elke keer as ek met een ry
(Foto: Brian Cheyne)

Deur Jaco van der Merwe

As jou pakhuis te klein raak, doen jy iets reg.

As kind het ek gereeld gehoor dat die pyn in my bene groeipyne is. In besigheid is dit sekerlik nie anders nie. Wanneer jy ʼn goeie produk in die mark het, is groei onvermydelik en soms baie ongemaklik. Toe Race Screen Technology sy pakhuis in 2016 in Kaapstad open, was my eerste gedagte dat ek nooit al die spasie sal kan benut nie.

Die eerste 5 000 Outdo-motorfietsbatterye wat daar afgelaai is, het skaars wegkruipplek vir ʼn kleuter gebied, en selfs toe ons ander produkte soos windskerms en onderdele uitgepak is, het die eggo van leegheid steeds teen die kaal mure weerklink.

Toe ek besluit om Zontes ook as ʼn produk van Race Screen Technology in te voer, het die prentjie egter vinnig verander. Die plan om ʼn stadige toetrede tot die mark te maak, is gefnuik deur ʼn aanvraag wat ons nie verwag het nie. Intussen het ons perseel in Pretoria-Noord ook uit sy nate begin bars. Met die groot volume produkte wat ons aan die motorfietsmark verskaf, was ʼn nuwe perseel net so nodig soos ʼn voertuig wat lig op brandstof is.

Zontes 310-R

Moederstad na hoofstad – dit was nie ʼn maklike skuif nie

As jy al ooit van een huis na ʼn ander verhuis het, sal jy besef hoe moeilik sommige items verpak of skuif. Om klein onderdele só te verpak dat jy niks verloor nie, breekbare goedere sodat niks beskadig nie, en groot swaar toerusting soos ʼn vurkhyser op ʼn vragmotor te laai, was ʼn groot uitdaging.

Om daarna die N1 aan te durf vir bykans 1 500 km was die maklike gedeelte, met PI Mitton Transport wat met goeie sorg en oorsig ons hele pakhuis vervoer het. Al was die in- en uitpak met tye uitmergelend, was dit presies wat nodig was om veral Zontes weer mooi op koers te bring.

Elke onderdeel is minstens twee maal hanteer en voorraadopnames kon met akkuraatheid gedoen word. Ons het besef dat nuwe stelsels nodig was om beter kontrole oor veral die onderdele-departement te gee. Elke item is volgens partnommer in die nuwe stelsel ingevoer. Dit is nou so maklik soos om uit ʼn boom te val om die regte onderdeel uit die pakhuis te gaan haal en dit beteken dat ons nou baie beter en vinniger na ons kliënte se behoeftes kan omsien.

Met die groter pakhuis in Montana, Pretoria, was dit moontlik om die voorraad vanuit Pretoria-Noord te konsolideer. Ons werk nou van een verspreidingspunt, met toegang vir vragmotors, wat die op- en aflaai van produkte baie vergemaklik. Hierdie skuif stel ons in staat om die werkswinkel drie maal groter te maak by die Pretoria-Noord-tak. Weereens sodat beter diens aan ons kliënte gelewer kan word.

Zontes 310 Cup, 22 Februarie 2020

Wat van ons kliënte in Kaapstad?

Ons het kliënte reg oor die land en ons is aktief besig om dienslewering te bespoedig na alle dele van Suid Afrika. Ons is ook besig om ons aanlyn winkel só op te stel dat dit baie maklik sal wees om enige item uit die pakhuis te bestel en by jou huis of kantoor te laat aflewer. Die Zontes-handelaars staan ook gereed om te help en het gewoonlik die basiese benodighede beskikbaar.

Wie is ons teikenmark?

Elke ervare en nuwe motorfietsryer.

Met die koste van brandstof vandag maak die som nie meer sin om met groot voertuie te pendel nie. Zontes lewer egter meer as net ʼn pendelfiets. Ek het self al lang afstande met hierdie motorfietse afgelê – selfs meer as ʼn duisend kilometer op een dag.

Of jy dus op soek is na ʼn naweek-avontuurfiets, of ʼn elke-dag-werk-toe-ry fiets, bied Zontes die perfekte model vir jou behoeftes. Ons het selfs op die renbaan resies gejaag met die 310-X1 en diegene wat deel was daarvan, kan getuig van die ongelooflike bougehalte van die kleiner kapasiteit motorfietse.

Wanneer jy by enige kitskosrestaurant verbyry, kan mens nie meer die groeiende aantal afleweringsmotorfietse miskyk nie. Baie van hulle is Zontes, of Kiden-motorfietse, soos die kleiner reeks vir die laaste paar jaar bekend staan.

Dié klein werkesels het hulself weer en weer bewys. Hulle word nie altyd met die nodige sorg hanteer nie, maar tog bly hulle getrou en betroubaar. Onderhoudskostes is ook van die laagste in die klas.

Hulle staan en wag om vrygelaat te word sodat hulle jou pizza of pakkie by jou deur kan aflewer.

Is motorfietse die oplossing? Slotsom van ʼn man wat baie ry

Zontes se 310-T2 avontuurfiets is ewe gemaklik op enige terrein. 19” voorwiel, 19 liter brandstoftenk, banddruk en temperatuursensors wat op die kleur TFT-skerm vertoon
(Foto: Brian Cheyne)

Daar is sekerlik nie een oplossing vir die wêreld se probleme nie, maar motorfietse maak ʼn groot bydrae tot ʼn magdom daarvan. Eerstens is dit moeilik om met vier wiele deur die verkeer te beweeg en dan gaan jy ook nie maklik meer as 30 km op ʼn enkele liter brandstof vorder nie.

Zontes-motorfietse beweeg maklik deur die verkeer en het genoeg perdekrag om voor die meeste motors te bly. Op die oop pad kan jy vinnig genoeg ry om ʼn stewige boete te kry, maar steeds kleingeld in jou sak te los nadat jy die tenk volgemaak het. Die ontwerp en afwerking van Zontes-motorfietse is van die beste in hul klas, en spog met tegnologie wat tans slegs in groot en duur motorfietse beskikbaar is.

Tyd is geld soos die gesegde uitspel, en motorfietse spaar jou beide. Die genot en gerief van ʼn goeie motorfiets plaas net die kersie op die koek.

  • Besoek www.zontes.co.za  
  • Bespreek vandag jou toetsrit – jy verdien om die wêreld uit ʼn ander oogpunt te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.