Hoërskool Garsfontein plaas jou eerste op die podium

Hoërskool Garsfontein (Foto verskaf)

Hoërskool Garsfontein in Pretoria presteer op alle terreine. Na afloop van die 2023 NSS-eksamen is die skool weer aangewys as die nommer 1- akademiese skool in Gauteng.

Dié leerders het gespog met ʼn 100%-slaagsyfer en altesaam 765 onderskeidings. Hoërskool Garsfontein is vir die vyfde keer aangewys as die topskool in die Tshwane-Suid-distrik en spog met die beste uitslae en onderwysers in Lewensoriëntering en IT. Spesialisonderwysers bied meer as 23 vakke aan en verseker dat leerders op akademiese gebied hul drome verwesenlik.

Daar is meer as 15 verskillende sportsoorte waaraan leerders kan deelneem.

Hoërskool Garsfontein neem aan alle sportsoorte in die A-bond of topligas deel en word gesien as ʼn skool waarmee rekening gehou moet word. Die skool spog jaarliks met provinsiale en nasionale atlete in alle sportsoorte. Ons behaal uitstekende sportprestasies soos die 2023-rugbykampioenskap in die Noordvaal-SDC-reeks. Dié uitstekende prestasie is afgerond deur as nommer 2-rugbyspan aangewys te word in Suid-Afrika in 2023. Ons o.16-seunshokkie is in 2023 aangewys as die tophokkiespan in Suid-Afrika.

Een van die hokkiespanne by die Hoërskool Garsfontein (Foto verskaf)

Hoërskool Garsfontein bied boonop elke jaar ʼn professionele musiekblyspel aan – iets wat geen ander skool Hoërskool Garsfontein kan nadoen nie. Leerders word die geleentheid gegun om hul vlerke te sprei in tot 10 verskillende kultuuraktiwiteite. Met die nuwe Garsie Musiekakademie kry leerders die geleentheid om professionele musiekonderrig op dié terrein te ontvang en word die weg gebaan vir die aanbieding van musiek en dans as skoolvakke.

Musiekblyspel by die Hoërskool Garsfontein (Foto verskaf)

Hoërskool Garsfontein se toekomsblik sal spog met ’n nuwe swembad, tartanatletiekbaan, amfiteater en ʼn derde vleuelkoshuis – alles tekens van die skool se toekomsgerigte fokus en toegewydheid aan kwaliteitprestasies.

Tydens die skool se Opedag wat op 24 April 2024 plaasvind, kan nuuskieriges en voornemende Garsies die Garsie-kultuur kom ervaar. Klik hier om vir die Opedag te registreer.

Kom kyk gerus waarom Hoërskool Garsfontein die skool van keuse is en die skool is wat leerders eerste op die podium plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.