Kindersiektes is iets wat al minder voorkom, te danke aan immunisering. In gevalle waar kinders wel nog kindersiektes opdoen, is die simptome meer gematig en word die aangetaste persoon vinniger gesond. Maar wanneer daar tog nou en dan ʼn kindersiekte opvlam, versprei dit gewoonlik blitsig, veral in skole en kleuterskole. Wees voorbereid om die simptome van ʼn kindersiekte raak te sien met dié handige kitsgids tot kindersiektes.
Onthou dié!
• Noodsaaklike tuisbehandeling: Met enige van die kindersiektes hierbo genoem is dit noodsaaklik dat jy jou kind se pyn en koors behandel met pyn- en koorsmedikasie, en dat jy seker maak hy neem genoeg vloeistowwe in.
• Moet nooit aspirienbevattende pyn- en koorsmedikasie gee vir ʼn kind wat ʼn virussiekte het nie! Die gebruik daarvan by pasiënte met ʼn virusinfeksie word geassosieer met die ontwikkeling van Reye-sindroom, wat tot lewerversaking en selfs die dood kan lei.
Bronne:
• Dank aan dr. Sylvia Welgemoed, ʼn pediater in Melbourne, Australië; voorheen van Centurion, Suid-Afrika.
• www.netdoctor.co.uk
• www.kidshealth.org
• As my kind siek is – ʼn tuisgids vir ouers deur dr. Bernard Valman; uitgegee deur die Britse Mediese Vereniging; in SA uitgegee deur Tafelberg Uitgewers.
* Hierdie artikel het oorspronklik in Medihelp se Élan-tydskrif vir lede verskyn en word met vergunning op Maroela Media geherpubliseer.