Leierskap binne skole: Prioritiseer jou kind se skool hierdie drie beginsels?

Die MOS-Inisiatief

Elke gesonde ouer wil graag hê dat hul kinders die toekoms suksesvol tegemoet moet gaan. Daar is egter ʼn massiewe uitdaging wat deur ouers, opvoeders en leerders in die gesig gestaar word.

Die wêreld verander teen so ʼn vinnige tempo dat sogenoemde “goeie onderrig” nie noodwendig gelykstaande is aan ʼn suksesvolle toekoms nie. Die tradisionele skoolstelsel is nie gerat om leerders volkome toe te rus vir ʼn VUCA (Volatile, Uncertain, Complex and Ambiguous)-wêreld nie. By die MOS-Inisiatief wil ons hê leerders moet nou en later in die lewe floreer en daarom is dit vir ons uiters belangrik om van jongs af leiers te ontwikkel.

Hierbenewens definieer ons drie verskillende tipes leierskap wat nou en in die toekoms belangrik gaan wees.

  • Leierskap as karakter

Hierdie tipe leierskap fokus tipies op die beginsel van “wat doen jy wanneer niemand kyk nie”. Binne die konteks van dinge soos sosiale media, is dit belangrik om ʼn karakter te ontwikkel wat nie gemeet word aan die hoeveelheid “likes” wat op ʼn publieke plasing ontvang word nie, maar aan werklike inbors en impak.

  • Leierskap as ontwikkeling

Hierdie tipe leierskap behels ʼn introspektiewe houding waarvolgens individue eers fokus op persoonlike groei. Wanneer daar nederig en met die regte mentorskap in die self belê word, sal die groei en ontwikkeling van ander volg.

  • Leierskap as verandering

Wat is jou kind se houding teenoor verandering? Deur angs met nuuskierigheid te vervang en vrae en onsekerhede te verwelkom, kan jou kind deel wees van die groep mense wat nou en in die toekoms verandering as ʼn geleentheid ag.

Die volgende waardes vorm kernbestanddele binne die ontwikkeling van al drie leierskaptipes hierbo. 

  • Lewenslange leer: In ʼn wêreld wat aanhoudend verander is dit dié mense wat lief is vir leer wat gaan floreer. Hulle gaan nie net kan bybly met verandering nie, maar ook die toekoms help vorm.

By die MOS-Inisiatief besef ons leierskap is kardinaal belangrik. Alles val of staan op leierskap. Die volgende elemente is vir ons belangrik – diensbaarheid en verantwoordelikheid. Ons neem van dag een af hande met ons leerders om hierdie dinge te help kweek – Chris de Beer, hoof van leierskap, Die MOS-Inisiatief

  • Omarm die toekoms: Die toekoms is dinamies en word gevorm deur leiers en daarom wil ons jongmense ontwikkel wat help skryf aan die toekoms.
  • Ubuntu: Vir ons beteken ubuntu ʼn fokus op mense se sterkpunte. Ons is almal interafhanklik van mekaar en ons kinders gaan in ʼn globale wêreld moet werk. Dit beteken hulle gaan saam met ander moet werk wat radikaal van hulle verskil.

Luister na die podsending hierbo wanneer leierskapspesialis by die MOS-Inisiatief, Chris de Beer, met Maroela Media se Pieter Cloete gesels en die volgende vrae ondersoek:

  • ʼn Nuwe manier om leierskap te definieer in 2023 en die toekoms
  • Leierskap binne die klaskamer – onnies en leerders se rol
  • Unieke uitdagings wat ons leerders in 2023 in die gesig staar en die rol wat leierskap speel

Die MOS-Inisiatief staan vir Moedertaalonderrig in Onafhanklike Skole. Leer gerus meer op die webwerf https://www.diemos.co.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.