Luister: Aikôna studente, los die AGHS-medikasie

Foto ter illustrasie. (Foto: Compare Fibre/Unsplash)

Studente en skoliere gebruik dikwels hulpmiddels, soos AGHS-medikasie, wanneer hulle vir toetse leer en take doen.

In die vierde episode van Maroela Media se podsendingsreeks oor aandaggebrek‑hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) gesels ons met dr. Jerrie Bezuidenhout, psigiater en direkteur van mediese dienste by Vista Kliniek oor die gebruik van AGHS-medikasie wanneer dit nie werklik nodig is nie.

Skakel ook volgende week in vir nog ʼn episode van Maroela Media se podsendingsreeks oor AGHS. In dié episode gee Bezuidenhout raad aan ouers wanneer hul kinders, amper-tieners en tieners teen hul AGHS-medikasie begin skop.

  • Luister boaan die artikel na Maroela Media se gesprek met dr. Jerrie Bezuidenhout oor AGHS-medikasie en wanneer dit nié gebruik moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.