ʼn Jag- en wegbreekbestemming om van te droom

Berchtesgaden (Foto verskaf)

Dit is vakansietyd, jagtyd, langnaweek … ek het ʼn breek nodig! Kom ons gaan bos toe – maar  waarheen en watter bos?

In die hartjie van die Waterberge, net buite Vaalwater, is daar ʼn versteekte stuk van Afrika wat jou asem sal wegslaan. ʼn Heenkome waar ieder en elk van die gesin of die groep wat daar gaan kuier sal vra: wanneer bespreek ons weer?

By Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm is alle geriewe geskep met die een gedagte as prioriteit – almal wat kom kuier moet dit ervaar asof dit ʼn droom is wat waar geword het.

Die wildsplaas huisves die akkommodasie en die jagarea en alles wat daarmee saamgaan. Luukse en-suite chalets en ewe luukse safaritente, elkeen met kitchenette, sal jou goed laat uitrus vir die volgende dag. ʼn Goeie nagrus en gerieflik ruim stort met sterk water was ononderhandelbaar met die vestiging van die luukse lodge drie jaar gelede.

Safari-tent

Vir die meer avontuurlustige gaste is daar ʼn boskamp in die ware sin van die word; reg in die middel van die bos waar jy geselsies kan aanknoop met al die diere wat daar rondloop. Loop maar katvoet in die donker, want die katspesies het ook hier kom huis maak! Ruim staanplekke, skoon water, groot vuurput met baie hout en ʼn emmerstort word hier verskaf.

Die bos huisves meer as 20 verskillende spesies diere en bied dus vir die jagter ʼn baie wye keuse van wild. Jag vind slegs deur die tradisionele “loop en bekruip”-metode plaas wat deur die jare se gebruik veroorsaak het dat troppe wild nie sommer weghardloop die oomblik wat hulle beweging opmerk nie. Dit is dus ook ideaal vir persone wat vir die eerste keer kom jag of die jonger geslag, omdat die wild nie verwilderd is nie.

Daar is ook voorsiening vir boogjagters en vier skuilings is beskikbaar met waterpunte by elk.

Vir die gaste wat net agteroor wil sit en die lodge geniet is daar vele te sien en te doen:

  • ʼn kristalhelder swembad
  • vlugbalbaan
  • 60 meter “chipping”-setperk
  • reuse-skaakbord
  • verhitte jacuzzi
  • ruim lapa (binnenshuise kuierplek) met leunstoele waarvandaan jy die bos kan ervaar deur die groot vensters wat soveel moontlik van die bosveld binnenshuis wil bring
  • gimnasium wat uitkyk oor die grasvlaktes waar die wild met dagbreek en sononder gesien sal word
  • dagspa met verskeie behandelings deur terapeut ter plaatse
  • ʼn lieflike verhewe grasdak ontspanningsarea wat uitsig bied oor tiny-10-teelkamp asook die winter voerareas vir die wild
  • yslike groot grasperke waar die kinders kan baljaar,
  • verskeie wegbreekareas waar jy net kan sit en die natuur kan ervaar en beleef
  • wildsritte deur die digte bosveld
  • ʼn boma (buitekuier-area) onder koeltebome met kroeg en yskasfasiliteite

Buiten die handvol doen-dinge binne die onmiddellike lodge-area, kan jy ook uitsien daarna om die bos te voet of met ʼn dikwielfiets te gaan verken (met of sonder ʼn gids); om te gaan visvang in die plaasdam; met lang lense uit die uitkyk-area (4 meter hoog) by die dam te loer; en perdsafari’s deur die bos om die wild vanuit ʼn ander hoek te kan ervaar.

Baie spesiaal en hoog in aanvraag is die “nag onder die sterre”-ervaring. Daar word vir die paartjie dubbelbed gerief gemaak by die dam, vier meter bo die water met aandete, drinkgoed en snoepgoed vir die aand. Hier kan jy vanuit jou “skuiling” werklik die nag ervaar met dit wat die natuur bied. Om ʼn jakkals, bruin hiëna, sivetkatte of ʼn luiperd onder langs die watervlak in die maanskyn te sien verby loop, is verseker nie ongewoon nie.

Die lodge-kombuis vir kan boonop drie etes per dag voorsien waarvoor jy jou lippe sal aflek. Jy kan uitsien na tradisionele boerekos en oopvuur-etes.

By die Lewenstyl-boerplaas (“lifestyle farm”) vind die ander gedeelte van die dag-tot-dag verrigtinge plaas. Hier kan die jongspan nader kom aan ʼn werkende plaas en dit wat daar gebeur. Lê-hoenders, melkkoeie, beeste, skape en lammers, varke met klein pienk snoetbabatjies en boerbokke vorm deel van hierdie boerdery. Jy kan ook ʼn begeleide toer neem en self bietjie “boer” speel en onder andere vir Blommetjie melk.

Indien jy graag wil skyfskiet is daar ook ʼn 300 meter- NHSA goedgekeurde skietbaan waar jy met ʼn geweer en/of handwapen kan korrel en jou akkuraatheid kan toets.

Buiten hierdie baie lekker kuier atmosfeer met of sonder ʼn jaggroep, is daar ook die ernstige en meer professionele kant met ʼn besigheidsentrum met volle oudiovisuele geriewe vir groepe met tot 20 afgevaardigdes. Die area is só ingerig dat semi-permanente mure gebruik is wat opgerol kan word sodat die vryheid en prag van die Bosveld hierdie lokaal sal binnedring, sonder om die privaatheid van die geleentheid oor te neem. Die aansluitende kombuis kan ook vir jou bosberaad van die nodige eet- en drinkgoed voorsien tydens werksessies.

Die Bosveld bied vir ons as mens baie en daarom wil die personeel by Berchtesgaden ook teruggee in die vorm van hulle sosiale verantwoordelikheidsplan met die aanbied van verskeie veldskole vir kinders. Gedurende hierdie unieke kampe word kinders werklik tot teen die natuur geneem en hulle word hier geleer en gewys wat ʼn klaskamer nie kan nie. Geakkrediteerde spanleiers bied buitelugsessies aan wat die kinders werklik in verskeie maniere verryk. Daar is onder andere baie praktiese ondervinding, kennis van fauna en flora, leierskapprogramme, en nagklasse. Ná die grendeltydperk in 2020 het die eerste veldskoolkamp plaasgevind en dit was uitgebrei met nog drie kampe wat gedurende 2021 sal gestalte neem, tesame met ‘n spesiale matriek-safari:

  • Die Jong Stadsboer-veldskool – ʼn bekendstelling aan die breë term boerdery wat insluit wild, kommersieel, prakties en ook lewenservaring buitelugsessies;
  • Noodhulp- en gebeurlikheidskamp – bied basiese maar die nodige noodhulpkennis vir ʼn daaglikse basis en gebruik asook antwoorde vir die “wat nou?”-vraag in ʼn verskeidenheid van gebeurlikheidsituasies
  • Die Rateltaai-avontuurkamp – presies wat dit sê: nie vir manne met donsbaard nie. Die volgende trap ná die Jong Stadsboer-veldskool wat jou sal leer van sterkstaan, van verantwoordelikhede, spangees en spanbou en spanwerk en vele meer;
  • Matriek-safari – as alternatief tot die Plettenbergbaai- of Ballito-kuier. Jy wil graag wegbreek saam met jou vriende maar wil nie tussen klomp mense wees en heeltyd klipharde musiek verduur nie. Hier maak jy soos jy wil, wanneer jy wil, met die respek aan die bos wat jou akkommodeer. Enkele sinvolle kort pitkos-sessies word aangebied waarvan die inhoud vir jou lewe na skool tot voordeel sal wees.

By Berchtesgaden word daar nie vir een dag teruggestaan en gerus nie. Alles sal altyd so goed moontlik in plek en gereed wees vir die volgende groep gaste wat dalk onaangekondig sal opdaag. Hierdie beginsel van bestuur en gereedheid het gesorg dat Berchtesgaden goeie getuigskrifte en erkennings ontvang en geniet.

Maak gerus gebruik van die 4-vir-3 promosie waar jy bespreek en betaal vir drie nagte of meer maar ʼn vierde nag gratis ontvang vir die hele groep.

Berchtesgaden se deure is nooit gesluit nie – maak jou bespreking en kom geniet die Bosveld soos ons Vader dit aan ons gegee het en Hy waarskynlik ook wil hê jy Sy skepping moet geniet en ervaar.

Vir enige verdere besonderhede skakel of stuur ʼn WhatsApp aan 083 250 7989; stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die webwerf by www.berchtesgaden.co.za.

Bly op hoogte van die wat in die Bosveld gebeur:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.