Wen ʼn R230 000 ‘Hotel-in-die-bos’ met Virseker

Daar is min dinge lekkerder as om vir ʼn paar dae te ontsnap van die dolle gejaag en net rustig te gaan uitspan om die batterye behoorlik te herlaai, met ʼn lekker glasie iets in die hand … selfs al is dit vir nou, tydens algehele afsondering, net in jou agtertuin!

As jy vir Virseker en die span van GT Camper Off-Road Trailers se Hotel-in-die-bos-kompetisie inskryf, staan jy die kans om dit in styl te kan doen met ʼn vernuftige kampsleepwa ter waarde van R230 000.

Dié alle terrein GT Camper-sleepwa is die eerste kampsleepwa wat met ʼn harde vloer spog en het genoeg slaapplek vir twee (tentspasie uitgesluit), ʼn kombuis, tonne pakplek, maklike koppeling tot elektriese-, gas- en watertoevoer sowel as ʼn reusetent, maar dit neem slegs twee minute om op te slaan.

Dis die ideale manier om jou woonplek saam met jou te neem na waar ook al jou sin vir avontuur jou neem!

Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker, sê dat hierdie wa ideaal is vir ʼn goeie, lang blaaskans, selfs vir groter gesinne: “Dis die Libra-uitgawe van die GT Camper, die luuksste sleepwa in die reeks. Wie ook al gelukkig genoeg is om die kampsleepwa te wen, sal ongetwyfeld al hulle verlofdae neem en hom deeglik geniet!”

Om seker te maak jy staan ʼn kans om te wen, vul jou besonderhede in by hierdie skakel.

Die kompetisie sluit om middernag op 31 Mei 2020.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes is hier beskikbaar.

Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensverskaffer. Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” op hierdie webwerf/advertensie verwys na Auto & General.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.