7 wenke vir veiligheid by jou huis

Dis ʼn koue donker nag. Jy hoor iets buite ritsel en kraak … Jou hart klop in jou keel, jy gaan haal jou seun se krieketkolf en wonder wat gaan jy nou maak. Vir baie van ons is dit ons grootste vrees: om in jou eie huis of selfs in jou bed deur ʼn aanvaller onkant betrap te word.

Drongo deel ʼn paar veiligheidswenke wat jy by jou huis kan toepas om seker te maak dat jy nie onkant betrap word nie.

  1. Afskrikmiddels

Aanvallers is slim. Hulle oorweeg hulle opsies deeglik voordat hulle iets aanvang. Maak seker dat jou plek ietwat gevaarliker as die res lyk. Honde, hekke, heinings en veral ligte is belangrik. Jy kan dit ʼn stappie verder neem deur talle goedkoop fop-sensors te installeer, sodat dit lyk of jou plek oortrek is met sekuriteitstelsels. Drongo verkoop oulike “leë dop” fop-sensors vir hierdie doel.

  1. Deure en hekke

Statistieke wys dat aanvallers meestal by ʼn deur inkom, en ʼn hek is dus noodsaaklik. Geen hek sal op sy eie ʼn vasberade aanvaller uithou nie, maar dit sal hom wel kosbare tyd kos – tyd wat jy tot jou voordeel kan benut, maar slegs as jy van hom weet nog voor hy begin peuter aan daai hek. ʼn Buitebrakkie of drie is wonderlik hiervoor, mits hulle wakker is.

  1. Vroeë waarskuwingstelsels

ʼn Hond is nou wel jou heel beste vriend, maar ʼn Drongo raak nie aan die slaap nie en hy lek jou nie. Drongo doen meer as blaf. Hy vertel jou presies wat om jou huis aangaan nog voor hulle kan begin werskaf aan jou hek. Uiteindelik is dit slegs tyd wat vir jou veiligheid kan bring. Met genoeg tyd kan jy helder dink en daadwerklik optree. Drongo koop vir jou die minute wat jy nodig het om jou familie te beveilig.

  1. Gemeenskap

Moenie ʼn suurknol wees nie. Ken jou bure – al wil hulle jou soms laat slange vang. Sluit aan by die buurtwag en die “WhatsApp”-groepies in jou buurt. In ʼn oomblik van nood wil jy nie wonder wie jou buurman is nie. ʼn Aktiewe, wakker gemeenskap is ʼn fantastiese afskrikmiddel. As jou buurt nie “daai soort” is nie, staan op en maak self ʼn verskil. Dit moet tog sekerlik êrens begin?

  1. Bly binne

Aanvallers probeer om jou in die donker na buite te lok, waar jy weerloos is. Moenie in die nag by jou huis uitgaan oor enige iets wat buite gebeur nie. Wees bedag op dinge soos onverwagse kragonderbrekings, ʼn hond wat blaf of selfs ʼn kind wat in die straat huil. Hulle sal werklik enige iets doen om jou buite te kry. Bel eerder jou buurman of jou gewapendereaksiediens om buite te kom kyk wat aangaan voor jy jou voete buite sit. 

  1. Beplan jou reaksie

Die hitte van die oomblik is nie ʼn goeie tyd vir “boer-maak-’n-plan” nie. Net soos wat jy beplan vir aftrede, moet jy ook beplan vir aanvalle. Lys die verskillende situasies wat jy kan indink, en beplan presies wat jy en jou familie gaan doen in elk van die gevalle. Waar moet die kinders wegkruip? Wat is die “toorwoord” wat die grootmense sal sê? Wie gaan jy bel? Skryf dit neer, hersien en oefen dit gereeld saam met jou gesin. 

  1. Stadig met die skietgoed

As jy nie jou wapen soos die palm van jou hand ken nie, kom daai aanvaller en vat hom af. Dan het jy wat ons noem ʼn “slegte dag”. Jy het ʼn keuse: Óf jy skiet gereeld, óf jy raak ontslae van die ding. As jy hom gaan hou en gereeld skiet, hou hom skoner as jou beste Sondag-onderklere.

Drongo is die sleutel tot jou veiligheid, want hy koop vir jou die meeste tyd. In meeste gevalle installeer gebruikers dit sommer self. As jy egter gebore is met 10 duime, kan jy staatmaak op agente dwarsdeur die land wat jou kan help met verskaffing en installasie.

Drongo word trots in Suid Afrika vervaardig en versprei deur Polygon Technologies.

Besoek gerus www.drongo.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.