Handreiniger uitverkoop? Maak só jou eie by die huis

Covid-19 is pas tot ʼn pandemie verklaar, en winkels se rakke met handreinigers staan reeds ʼn ruk lank leeg.

As jy, soos baie ander, al van winkel na winkel geloop en soek het na handreinigers, maar steeds onsuksesvol was, ontspan gerus. ʼn Mens kan sommer hierdie soort reinigers by jou eie huis en in groot maat maak. Dit is boonop ook meer kostedoeltreffend om dit so te doen, as om klein botteltjies in die winkel te koop.

Wat het jy nodig?

  • ⅓ k aalwynjel (aloe vera)
  • ⅔ k minstens 60%-isopropil-alkohol (rubbing alcohol)
  • 8 tot 10 druppels essensiële olie van jou keuse (opsioneel)

Handreinigers het die afgelope week van die rakke af gevlieg (Foto: Christel Cornelissen)

Meng al die bestanddele saam tot dit goed gemeng is.

Hierdie handreiniger sal heelwat dunner wees as dié wat jy in die winkel koop, weens die groot hoeveelheid alkohol wat nodig is om dit doeltreffend te maak. Daarom werk dit goed om die mengsel in ʼn spuithouer te giet en dit só aan te wend.

Wenke:

  • Jy kan natuurlike aalwynsap gebruik wat uit die plant uit gedruk word, of jy kan dit in ʼn gesondheidswinkel koop.
  • Minstens 60%-isopropil-alkohol moet gebruik word om kieme dood te maak, maar as jy 91%-isopropil-alkohol in die hande kan kry, is dit selfs beter.
  • Moenie die isopropil-alkohol met alkohol in drank soos vodka of witblits vervang nie, dit gaan nie die kieme doeltreffend doodmaak nie.
  • Die geure van essensiële olie soos laventel, teeboom, suurlemoen, magnolia of jasmyn werk almal goed as geurmiddels vir hierdie reinigers, maar jy kan enigeen gebruik waarvan jy die meeste hou.
  • Wanneer jy ʼn handreiniger gebruik, maak seker dat jou hele hand daarmee bedek is en dat dit lugdroog word.
  • Hoewel handreiniger doeltreffend is, is dit steeds beter om jou hande met seep en water te was wanneer jy dit tot jou beskikking het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adam Adriaan ·

Die beste reineger in die huis word altyd oor die hoof gesien nl Chloor(Jik). Was al jou skottelgoed in water waarby jy Jik( so wat ‘n eetlepel ) gegooi het. Die beste manier om water te steriliseer, nadat dit gefiltreer is; omdaarby chloor te voeg sodat jy na sowat ‘n halfuur een deel vry chloor kry vir elke miljoen dele water. geen bakteri/virus lewe in die teenwoordigheid van chloor nie. Jik is maar chloor in vloeibare vorm.

Ruik net hoe lekker ruik jou skottelgoed en waslappe as jy hulle daarmee gewas het saam met waspoeier en skottelgoed seep. Alle is ontsmet!!!

antieke antie ·

ek was altyd met opwasmiddel en jik…. ek stem…beste vir al die goggas

Elize ·

Adriaan ek was nie skottelgoed as daar nie Jik in is nie. Al die vetterigheid is ook sommer dadelik weg en my hande bly skoon

Lolla ·

Soos ek sê almal ruk nou die hoender uit sy vere uit. Jik werk net so goed. Ek doen niks sonder jik nie.

Anoniem ·

Gebruik Jik en oor n maand moet jy n vel spesialis gaan sien wat jou duisende uit die sak jaag. Jik is corrosive

E ·

Ek wil ook nie graag Jik op my skottelgoed he nie en dit maak my hande erg skurf. Maar ek glo in asyn. Meng skottelgoed seep met asyn en dit werk wondere. Asyn, sout, koeksoda en suurlemoen sap. Ek wag net dat my suurlemoene ryp word nou.

Leonora ·

Danie miskien as jy allergies is of ekseem het. ek het groot geword met jik in die skottelgoed water en my ma is 83 en sy het daarmee groot geword.

Carel Johannes ·

Ai, goeie raad maar Jik, (chloor), en stapelriool se verterings bakterie is nie maats nie.

antieke antie ·

dis nie so baie nie so dit behoort nie daai goeie bakterie dood te maak nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.