Handwerk: Blaas nuwe lewe in jou wasgoedmandjie

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif)

ʼn Wasgoedmandjie is die aspoestertjie van enige badkamer; dit is nie juis iets vir die oog nie, maar hier wys ons jou hoe om joune mooi te weef.

Die idee is om die meeste van die plastiek van die wasgoedmandjie met weefwerk te bedek en die mandjie ʼn mooi handgemaakte voorkoms te gee.

As jou mandjie se openinge redelik klein is, kan dit help om die punt van die draad teen ʼn hoek af te knip om dit makliker deur die opening te steek.

Moenie bang wees vir rondspeel nie, al beteken dit jy moet ʼn hele dag se werk uittrek omdat jy nie tevrede is met die patroon nie.

Wenk: Maak ʼn voering van linne of patroonlap om die knope aan die binnekant van die mandjie weg te steek.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Mei/Junie 2020-uitgawe verskyn.

Vul die vorm hieronder in om die projek in jou e-posbus te ontvang:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.