Maak ’n hand van sement

(Foto: Verskaf.)

Teen hierdie tyd is gesigsmaskers en handskoene deel van elke Maroela-leser se huishouding noodsaaklikhede.

Maroela Media het aan nog ʼn prettige alternatiewe manier gedink waarvoor jy ʼn handskoene kan aanwend.

Benodighede:

  • 1 x latex-handskoen
  • sement
  • water

(Foto: Verskaf.)

Metode:

  • Meng ongeveer 250 g sement met genoeg water tot ʼn stywe, maar steeds loperige mengsel.
  • Vul die handskoen met die sement tot amper vol. Skud al die lugborrels liggies uit. Knoop die handskoen nou stewig toe sodat die mengsel binne bly.
  • Hang die handskoen onderstebo bo-oor ʼn glas/beker.
  • Los oornag om hard te word.
  • Knip die handskoen oop met ʼn skêr en trek versigtig af.

Die ornament kan nou geverf word en gebruik word as ʼn kersblaker, juwelehouer of selfs ʼn potplanthouer om ʼn klein plantjie in te plant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

my opinie ·

Oulik ja…iets om te onthou van die “lockdown” tydperk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.