Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste statistiek vir Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Maandag 20 April 2020
Onafhanklike oudit versoek oor Beitbrug-grensdraad
Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het die ouditeur-generaal versoek om ʼn onafhanklike oudit te doen van ʼn 40 km lange grensdraad by die Beitbrug-grenspos wat haar departement herstel en vervang het.
Covid-19: Rusland se gevalle styg daagliks met duisende
Die land se gevalle het vandeesmaand eksponensieel toegeneem en die afgelope week daagliks met ʼn paar duisend gestyg.
Luister: Griekwagebed – Voetpat
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”.
15-jarige in hof oor driejarige halfboetie se moord
ʼn 15-jarige meisie het Maandag in ʼn hof in Duitsland verskyn in verband met die moord op haar driejarige halfboetie. Staatsaanklaers voer aan sy het hom 28 keer met ʼn mes gesteek.
Man in hof ná moord oor sigaretgeld
Die twee mans het glo stry gekry oor sigaretgeld.
Oproerigheid in tronke is ‘onverantwoordelik, roekeloos’
Die departement van korrektiewe dienste het gesê aanhitsing van gevangenes om teen die staat in opstand te kom, is absoluut onverantwoordelik en roekeloos.
Bejaarde en haar seun vir tweede keer op plaas aangeval
Dit is die tweede aanval op Joekie Nortjé en haar seun in minder as ʼn jaar.
Vier in hof oor roof by poskantoor
Vier verdagtes, tussen 27 en 52 jaar oud, het Maandag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van ʼn rooftog by ʼn poskantoor in die Vrystaat.
Wen ’n troue: Hier is die finaliste
Hier is die top-10-finaliste in Maroela Media se troukompetisie! Ons gee vanjaar in samewerking met Villa Rosa Wedding Venue en ander diensverskaffers ʼn troue ter waarde van R170 000 weg. Stem nou:
ToekomsVenster: Hartsaluut
Derhalwe groet ek jou met ʼn beweging na my hart, ʼn oop hand op my bors, hartstaal, ʼn hartsaluut, ʼn hartsverbintenis en verbondenheid. Die Here seën jou.
Vuurwarm stryd oor voorbereide kos woed voort
“Kan dit betrekking hê op koue, warm kerrie?”
’n Klein gebaar maak ’n groot verskil
Maak die tyd van isolasie ’n tyd waarin ons uitreik na ander en die krag in mekaar ontdek, sodat ons met nuwe oë en harte die toekoms kan ingaan.
Drie steel glo miljoene rande se diesel
Daar was skade aan die pypleiding en diesel het daar uitgelek.
Die wêreld in foto’s – 20 April 2020
Só lyk die tulpe wat deur Duitse studente geoes word.
Gesogte Radiotoekennings aanlyn uitgedeel
ʼn Rekordgetal van meer as 2 000 inskrywings is van 160 radiostasies ontvang.
Maak ’n hand van sement
Die ornament kan gebruik word as ʼn kersblaker, juwelehouer of selfs ʼn potplanthouer om ʼn klein plantjie in te plant.
Wêreldrekord boorgat in Noord-Kaap geboor
Bezuidenhout vertel dat dit ʼn affêre was om die gat te boor omdat die naaste dorp sowat twee en ʼn half uur se grondpadry van die werkstasie af was.
‘Tom and Jerry’-illustreerder, -regisseur sterf op 95
Deitch het vanagter die Ystergordyn onder meer 13 episodes van die geliefde animasieprent Tom and Jerry asook Popeye the Sailor geregisseer.
Eskom verloor miljarde weens afsondering
Die kragvoorsiener is egter vol vertroue dat verdere reddingsboeie nie nodig sal wees nie.