Vier in hof oor roof by poskantoor

Argieffoto

Vier verdagtes, tussen 27 en 52 jaar oud, het Maandag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van ʼn rooftog by ʼn poskantoor in die Vrystaat.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier persone is oor die naweek in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by Batho-poskantoor op 31 Maart 2020.

“Die Bloemfonteinse polisie het ʼn wenk van misdaadintelligensie opgevolg wat tot die inhegtenisneming gelei het. Swaar gewapende verdagtes het die poskantoor bestorm en vuurwapens op die werknemers en sekuriteitsbeamptes gerig. Hulle het kontant geëis. Die Sassa-toelaes was gelukkig in daardie stadium nog nie by die poskantoor afgelewer nie.”

Die verdagtes het sonder kontant van die toneel gevlug, maar die veiligheidswag van sy pistool beroof. Hulle het in ʼn silwerkleurige VW Golf en ʼn VW Jetta van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rodger17 ·

Bëre hulle diep in die tronk vir baie lank.Hulle het geen respek vir die pandemie wat hier woed nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.