Toyota het vir my ʼn nuwe Corolla Quest afgelaai twee dae voor die staat van inperking in werking getree het.
Alles vir Maandag 20 April 2020
Polisiewaghond ondersoek nóg ʼn sterfte
Dit is die soveelste geval van beweerde hardhandige behandeling deur lede van die polisie óf weermag wat sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering aangemeld is.
Parlement vergader oor hoër onderwys
Die vergadering sal fokus op die uitwerking van Covid-19 op die tersiêre onderwysjaar en die navorsing ter bestryding van die koronavirus.
Opstelkompetisie: Hier is die wenners
Die wenners van Skoleondersteuningsentrum (SOS) se opstelkompetisie is bekendgemaak.
Koronavirus: dis die tyd van totalitêre regering
Die nuwe koronavirus, Covid-19, het wêreldwyd aan staatsleiers, ook dié wat demokraties verkies is, die geleentheid gegee om hul ware kleure te wys – en in die proses beleef die wêreld sekerlik die grootste fase van totalitêre regering sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Covid-19-samevatting: Gauteng se gevalle styg vinnig
Amper 2,5 miljoen bevestigde gevalle van Covid-19 is wêreldwyd in 210 lande aangemeld.
Boek van die maand: ‘Porseleinskerwe’ deur Marié Blomerus
Die vliet van die lewe en veral die oproep daarvan en die nadink daaroor gee die pas aan in Blomerus se vertellings – van die (voorouerlike) plaas in Afrika tot die woonstelbalkon (vermoedelik in Swakopmund waar die skrywer woon).
Ramaphosa: Afsondering wys dieperliggende probleem in samelewing
“Bewerings dat sommige mense, van hulle glo staatsamptenare, kospakkies opgaar of na vriende en familielede stuur, is skokkend.”
‘Voorbereide kos is noodsaaklik’
Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het sterk kritiek uitgespreek teen die persone wat meen daar is ’n verbod op die verkoop van gekookte etes.
’n Dag in die ruimte: wat doen ruimtevaarders op die IRS?
Maar hoe lyk ʼn tipiese dag in die lewe van ʼn ruimtevaarder aan boord van die IRS?
Video: Pikkewyne neem Simonstad op horings
ʼn Video van drie brilpikkewyne wat rustig deur die strate van Simonstad stap, is baie gewild op sosiale media.
Afsondering: Só lyk universiteite se planne vir nuwe kwartaal
Universiteite sê toegang tot die internet en genoeg data om aanlyn onderrig te volg, is van die grootste uitdagings vir studente.
Proteas toer nie meer in Junie na Sri Lanka
“Dit is baie hartseer dat hierdie stap gedoen moes word. Ons sal die toer herskeduleer sodra krieketverrigtinge weer na normaal terugkeer.”
Vier vas na polisie stropery fnuik
Daar was glo vantevore voorvalle van stropery op dié plaas.
8-jarige laat speke steeds sing, ondanks Tour de France-teleurstelling
’n Gr. 3-leerling se droom om ’n paar skofte van die Tour de France by te woon, is weliswaar deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery, maar dit het glad nie sy entoesiasme vir fietsry geblus nie.
Gratis bordspel vir die hele gesin aanlyn beskikbaar
Die speletjie kan gesien word as ʼn kombinasie van Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary.
Grense, nasionale belang en die gevolge van die koronapandemie
Sedert die uitbreek van die koronapandemie het elke poging van internasionale organisasies om antwoorde op die pandemie te bied, misluk omdat elke land verkies het om eerder sy eie benadering te volg.
Aanlyn sagteware vir die prokureursbedryf
Lexpro Systems ontwikkel reeds vir meer as 20 jaar sagteware vir die prokureursbedryf. Die produktereeks is oor jare uitgebrei met die klem op boekhoukundige toepassings.
Solidariteit maak herstelplan vir ekonomie bekend
Die plan hanteer elke aspek van die ekonomie en is geanker in ʼn geskiedkundige ontleding van globale tendense wat wêreldwyd suksesvol was.
Nuuskommentaar: Die rasdebat en die ANC se rol
Selfs oor die ANC se oorlewingskanse, veral as regerende party, lyk sake nie so seker nie.