Luister:  Griekwagebed –  Woordeloos

karoo_droog_dam2_Annelize Brits.jpeg

Foto: Annelize Brits

Woordeloos

Psalm 19

Die jimmel vetellie eer vannie Jirre
en preek orie werk van Hy se hanne.
Die een dag sê iets virrie volgende dag,
ennie een nag leer virrie anner nag.

Hierielike goeterse hettie ’n stemmie,
ma hille prysag die Jirre sonner woorde.

Die Jirre se wet isse gorra virrie siel,
die bevel vannie Jirre is my hart se riel,
Hy se gebod is sywer oppie oog en God
se grondwet is hening op mense se tong.

U het my hoeka anie hand gevat
en mooi gekom wys wa lopie pat,
maak dan nou die woorde van my mond
ennie dink van my hart wetsgesond.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.