Gedagte vir die dag: Verslane vyande   

Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Een wat uitbreek, sal hulle lei, die Here sal voor hulle wees. (Miga 2:13)

Omdat Jesus voor ons uitgegaan het, is alles anders. Hy het elke vyand oorwin wat in ons pad gestaan het. Wees bly! Christus het nie net op die pad vooruit gegaan nie; Hy het ook jou vyande oorwin.

Is jy bang vir sonde? Hy het dit aan die kruis vasgespyker. Is jy bang vir die dood? Hy het die dood oorwin. Teen watter vyande die Christen ook al te staan kom, hulle is almal oorwin. God het deur Christus al die mag weggeneem wat teen ons ingespan kan word. Jy kan met vreugde jou reis aanpak. Jou vyande is verslaan. Al wat jy moet doen, is die buit verdeel. Dit is waar dat jy jou soms in ’n stryd sal bevind, maar jy baklei teen ’n vyand wat reeds verslaan is.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Quentin Viljoen ·

Jesu Javu; Jesus ek het U nodig! Soli Deo Gloria! ; Aan God al die eer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.