Dié maatskappy kan al jou sagtewarebehoeftes hanteer

(Foto verskaf deur Codehesion)

Codehesion is ʼn bekroonde Suid-Afrikaanse sagtewareontwikkelingsmaatskappy wat wêreldklas diens vir al sy kliënte lewer.

Die maatskappy se ervaring sluit in doelgemaakte sagtewareontwikkeling, die ontwikkeling van selfoon-apps, ontwerp, instandhouding, projekbestuur, spanaanvulling en opleiding.

Om seker te maak dat hy ten alle tye uitnemende diens aan al sy kliënte lewer, word slegs hoogs ervare sagteware ingenieurs, rekenaarwetenskaplikes en projekbestuurders in diens geneem wat in hul onderskeie bedrywe spesialiseer.

Die gevolg is ʼn lang lys van tevrede kliënte, insluitend Hyundai, Leroy Merlin, Woolworths, Peermont Global, Fines SA, Entabeni Systems, Poynting, HOMii en Midstream Estates – met Codehesion wat al ʼn rits toekennings vir sy werk ontvang het.

Wat Codehesion bied

Codehesion bied aan sy kliënte ʼn wye reeks sagtewareontwikkelingsdienste deur sy hoogs ervare kenners.

Die maatskappy laat ondernemings ook toe om te kies hoe die ontwikkeling gedoen word. Kliënte kan kies om:

  • Codehesion te gebruik om die algehele sagtewareontwikkelingsprojek te bestuur;
  • Codehesion se kenners te gebruik vir spesifieke take binne sagtewareontwikkeling; of
  • Codehesion se kenners te gebruik om hul bestaande sagtewareontwikkelingspanne aan te vul.

Dit maak nie saak watter opsie jy kies nie – Codehesion waarborg uitstekende resultate.

Maak kontak

Om dit maklik te maak vir jou maatskappy om met Codehesion saam te werk, word ʼn gratis konsultasieproses aangebied.

Dié konsultasie sal Codehesion in staat stel om jou behoeftes te bepaal en insigte te lewer oor die omvang van die werk wat vereis word, die voorgestelde tydsraamwerk en verwagte koste.

Vir ʼn risikovrye konsultasie, kontak Codehesion hier.

Codehesion se uitvoerende hoof, Hector Beyers, nooi alle maatskappye om Codehesion te kontak en uit te vind waarom hulle leiers in die mark is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.