Sê hallo vir dié funksies op WhatsApp

Foto ter illustrasie. (Foto: Denis Charlet/AFP)

Die gewilde kletsapp WhatsApp se nuwe privaatheidsfunksies het die wêreld skoon aan die gons.

Maroela Media bied jou ’n opsomming van die nuutste funksies wat op die app se kerfstok gelaai is.

Steek jou aanlyn teenwoordigheid weg

Sommige WhatsApp-gebruikers het nou die kans om self te besluit wie kan sien wanneer hulle aanlyn is.

“Om te sien wanneer vriende en familie aanlyn is, help ons om ’n verbintenis met mekaar te skep, maar soms is daar oomblikke wat jy na WhatsApp wil loer sonder dat iemand sien jy doen dit,” lui die verklaring wat deur WhatsApp uitgereik is.

Alhoewel dié funksie nog nie vir iPhone-gebruikers beskikbaar is nie, kan diegene met Android-fone nou van dié privaatheidsfunksie gebruik maak.

Glip stilletjies by groep uit

Gebruikers kan hulself nou die verleentheid van ’n WhatsApp-groep spaar deur van dié funksie gebruik te maak.

WhatsApp-gebruikers sal binnekort die opsie hê om groepe te verlaat sonder dat almal in die groep daarvan weet. Dié funksie is egter nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die admin van die groep sal wel in kennis gestel word dat jy die groep gaan verlaat.

Skermskote nie meer moontlik met ‘View Once’-boodskappe

Vir diegene wat vertroulike inligting aan ’n vriend, kollega of familielid via WhatsApp se View Once-opsie stuur, is daar nou nóg ’n versekering dat die inligting nie uitgelap sal word nie.

Die View Once-opsie is reeds ’n gewilde funksie by gebruikers, en nou is daar boonop ’n nuwe beskermingslagie daaroor getrek.

Gebruikers sal hul WhatsApp so kan stel dat daar nie skermgrepe van dié soort boodskappe geneem sal kan word nie.

WhatsApp is nog besig om die nuwe funksie te toets en hoop om dit binnekort aan gebruikers beskikbaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vinny ·

Dankie tog, want daar in niks so irriterend as stalkers sit en wag vir jou om te kyk wanneer jy online is.

Miena ·

En wat van die aantal lede / persone wat tot n groep toegelaat kan word? Tot hoeveel is dit nou verhoog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.