Selfoonnetwerke se gehalte landswyd getoets

Grafika verskaf

MyBroadband het hande gevat met Analytico, Afristay, en Keysight-verspreider Coral-I om deurtastende toetse te doen van Vodacom, MTN, Cell C en Telkom reg oor Suid-Afrika.

Die gehalte van selfoonnetwerke is ʼn groot oorweging vir kliënte wanneer hulle besluite moet neem oor hul diensverskaffer, veral wanneer beurtkrag verwoesting saai onder diensverskaffers.

Om te bepaal watter Suid-Afrikaanse diensverskaffer die beste stem- en datanetwerkgehalte lewer, het MyBroadband ʼn nuwe netwerkgehaltetoetsprojek van stapel gestuur.

Vir dié projek werk MyBroadband saam met drie top- Suid-Afrikaanse maatskappye:

  1. Coral-i, ʼn verspreider van Keysight se internasionaal toonaangewende netwerktoetsplatforms;
  2. Afristay, een van Suid-Afrika se grootste akkommodasieportale met meer as 20 000 vakansiehuise, gastehuise, bed-en-ontbyte en villas op sy lys; en
  3. Analytico, wat marknavorsing doen en insig oor netwerkintelligensie verskaf aan Suid-Afrikaanse IT- en telekommunikasiemaatskappye.

Die projek maak gebruik van Keysight se internasionaal toonaangewende toetsplatform, Nemo, om ʼn rits veranderlikes te toets met behulp van gesofistikeerde Samsung-toestelle.

MyBroadband het met Poynting, ʼn spesialis in antenna- en koordlose kommunikasie, gewerk om sy toetsstandaarde en toetsvoertuie te ontwerp.

Poynting is ʼn internasionale leier in die ontwerp en vervaardiging van selfoonantennas. Prof. Andre Fourie en dr. Derek Nitch het bystand gelewer in die ontwerp.

Die jongste selfoonnetwerkgehaltetoetsprojek bou voort op vorige projekte wat op dataprestasie gefokus het.

Hierdie keer sal MyBroadband ʼn baie meer omvattende reeks netwerkfunksies toets, insluitend:

  • Sukseskoers om oproepe te maak en die koers waarteen oproepe onsuksesvol is;
  • Gemiddelde tyd (minimum en maksimum) om ʼn oproep te maak;
  • Oudiogehalte (minimum en maksimum); en
  • Spoed om lêers op te laai en af te laai en latentheid.

Analytico, in vennootskap met Coral-i, sal dié data analiseer om Suid-Afrika se selfoondiensverskaffers van die beste tot die swakste te rangskik.

Die data sal ook gebruik word om die prestasie van netwerkverkopers – Huawei, Nokia, Ericsson en ZTE – in Suid-Afrika met mekaar te vergelyk.

Stem- en datanetwerkgehaltetoetse sal in alle groot stede en dorpe reg oor Suid-Afrika gedoen word. Dit is nog nooit vantevore gedoen nie.

Om die spoedtoetse reg oor Suid-Afrika te doen, sal die toetsingenieurs in verskeie liggings moet oorslaap – van groot stede tot klein dorpe. Afristay, wat landswyd oor eiendomme beskik en bekend is vir sy uitnemende diens, was ʼn uitstekende keuse vir MyBroadband as ʼn akkommodasievennoot.

Afristay se akkommodasieportaal maak dit maklik om jou verblyf te organiseer en te beplan waar jy wil oornag – van bespreking en aankoms tot met jou vertrek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.