Belê in masserings, voorkom spanning en uitbranding

‘n Diepweefselmassering deur ‘n somatoloog kan help om spanning te verlig en bloed en limfatiese sirkulasie te verhoog. (Foto: Toa Heftiba/Unsplash)

Daar is geen twyfel dat baie van ons, indien nie die meeste van ons nie, op die oomblik ʼn tikkie selfversorging nodig het. Uitbranding is ʼn ernstige kwaal en die pandemie het ons lewens geweldig ontwrig.

Tog beskou ons dikwels nog selfsorg as selfsugtig en as ʼn toegewing wat net elke dan en wan gemaak kan word. Jy sou jou geliefdes en vriende aanbeveel om selfsorg ʼn prioriteit te maak, maar hoekom doen jy dit nie ook vir jouself nie, veral nou wanneer jy jou spanning moet verwerk, uitbranding moet voorkom en nuwe krag vir die laaste deel van die jaar moet vind.

Kenners by Isa Carstens se skoonheidsakademie beveel die volgende behandelings aan om as ʼn gesonde teenvoeter vir spanning te dien:

Diepweefselmassering

Diepweefselmassering is ’n gespesialiseerde masseringstegniek wat daarop gemik is om spanning te verlig. Die tegniek maak gebruik van stadige en diep massering wat op die spiere en bindweefsel inwerk. Hierdie massering is voordelig om die bloedsomloop en limfatiese sirkulasie te verhoog en spierongemak, spierspasma en pyn te verlig.

Limfdreineringmassering

Dr. Emil Vodder het dié masseringstegniek ontwikkel en dit is deur die jare met verskillende tegnieke uitgebrei, wat help om die limfatiese sirkulasie in die liggaam te verbeter. Limfdreinering is ’n masseringstegniek wat met die hand gedoen word om die eliminasie en verwydering van vloeistofstagnasie in die bindweefselstrukture te stimuleer.

Hierdie soort limfdreinering werk op die hele senuweestelsel, wat verdeel is in die simpatiese en parasimpatiese senuweestelsel. Die balans tussen hierdie twee stelsels is belangrik om jou totale welstand te behou.

In stresvolle tye is die simpatiese senuweestelsel geneig om beheer te neem; die ritmiese masseringstegniek wat gebruik word om die limfdreinering te verbeter, stimuleer ook die parasimpatiese senuweestelsel en help die liggaam om weer balans te vind.

Hierdie behandeling is voordelig om limfatiese sirkulasie te verbeter, die immuunrespons te stimuleer, die opeenhoping in jou sinusholtes te verlig en lei tot optimale ontspanning.

Hawaise massering

Foto ter illustrasie. (Foto: KoolShooters/Pexels)

ʼn Hawaise massering is ʼn soort vryvloeiende massering wat verskillende tegnieke gebruik om totale ontspanning van liggaam en gees te skep. Hierdie massering bevat lang streelbewegings en strektegnieke wat ritmies, verkwikkend en kalmerend is. Die masseringsbewegings boots die vloei en strome van die see na. Die masseerbewegings vloei in een slag van die skouers na die voete en werk dan skielik aan die ander kant van die liggaam, sonder ’n vaste patroon. Dié aksie skep ’n gevoel van algemene welstand en ontspanning, wat die gevolge van spanning en uitbranding op die gees en liggaam verminder.

Somatologie

Besoek gerus ʼn somatoloog vir ʼn professionele behandeling. Dié terapeute is gekwalifiseer om skoonheidsbehandelings te bied wat omsien na die menslike liggaam in sy geheel.

ʼn Diploma in somatologie word internasionaal erken en die terapeute studeer drie jaar lank, waartydens hulle ʼn diepgaande oorsig oor onderwerpe soos anatomie, fisiologie, voeding en kosmetiese wetenskap as ook die teorie van en praktyk van somatologie kry.

Doen dit self

Isolasie of strenger inperkings is geen rede om ʼn heerlike massering te ontbeer nie. Jy kan jouself ook masseer. ʼn Lektor van Isa Carstens Akademie wys jou hier hoe om dit te doen:

ʼn Lektor van Isa Carstens Akademie wys jou ook hoe jy geliefde kan masseer:

Hierdie artikel is deur die Isa Carstens Akademie verskaf. Waar kan ek in dié rigting studeer?

Isa Carstens Akademie is in 1978 gestig, en met 42 jaar in die bedryf is dié Akademie Suid-Afrika se mees gerespekteerde en gesogte skoonheidsakademie. Isa Carstens Akademie se kursusse is geakkrediteer deur die Raad van Hoër Onderwys en het kampusse in Pretoria en Stellenbosch.

Die Akademie bied die volgende kursusse aan:

  • Hoër sertifikaat in kantooradministrasie.
  • ʼn Diploma in somatologie.
  • ʼn Gevorderde program in vel-estetika.

Akkommodasie is op albei kampusse beskikbaar.

Besoek die Isa Carstens Akademie se webwerf vir meer inligting en woon een van die opedae by. Beperkte plekke is steeds beskikbaar vir 2022-aansoeke.

  • Isa Carstens is geregistreer by die departement van hoër onderwys en opleiding as ’n hoëronderwysinstelling ingevolge die Onderwyswet van 1997. Registrasiesertifikaat 2000/HE07/025.
  • Kwalifikasies geregistreer by die SAQA ID-nommer 111453 (NQF vlak 5), SAQA ID-nommer: 83046 (NQF vlak 6), SAQA ID-nommer: 97898 (NQF vlak 7)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.