Dié drie serums perfekte toevoeging tot wintervelsorgroetine

Argieffoto. (Foto: Pexels/ Alesia Kozik)

Met die kouer temperature wat stadig maar seker kop uitsteek, begin baie van ons reeds ʼn dubbele dosis vogroom aansmeer om droë wintervelle te voorkom.

Skoonheidskenners is dit egter eens dat gesigserums eerder ideaal is om jou velsorgroetine ʼn nodige wintershupstoot te gee. Hulle is lig genoeg om direk in die porieë te sink en die vel dikwels effektiewer te bevogtig.

Met byna elke bekende skoonheidshandelsmerk wat nou spog met sy eie serumreeks, en met soveel opsies en byna onuitspreekbare bestanddele, word dit al hoe moeiliker om ʼn ingeligte besluit te maak voordat jy een aankoop.

Onthou ook dat ʼn serum dun is en maklik is om oor die vel te smeer, daarom behoort jy nie meer as ʼn paar druppels serum te benodig om jou hele gesig en nek te bedek nie.

Dié serums is die perfekte toevoeging tot wintersvelsorgroetine:

Serums met hialuronsuur (hyaluronic acid)

Argieffoto: (Foto: Alesia Kozik/Pexels)

Dié bekende bestanddeel is deesdae in al wat ʼn skoonheidsproduk te sien, van gesigwas en onderlaag tot lipstiffie en selfs lyfroom.

Dit bly ʼn gunsteling danksy sy aktiewe bestanddele wat die vel plomp maak, en vinnig en doeltreffend bevogtig.

Vitamien B3-serums (ook bekend as niasienamied of niacinamide)

(Foto: Unsplash)

Hialuronsuur is dalk ʼn bekende en gunsteling bevogtigingserum, maar niasienamied is ʼn vitamien B3-derivaat wat ʼn uiters hidrerende uitwerking op veral die buitenste laag van die vel het, en boonop help om die vogtigheid, wat hialuronsuur bevorder, te behou.

Dít maak dit ideaal om die vel teen die hitte van verwarmers te beskerm. Danksy sy anti-inflammatoriese eienskappe is dit ook ideaal vir ekseem of rooi en olierige velle.

Sou jy beide van dié bevogtigingserums wil gebruik, stel kenners voor dat hialuronsuur eerste aangewend word en dan die niasienamiedserum.

Vitamien C-serums

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Ons almal weet hoe fel die winterson is, daarom is dié serum perfek om jou vel teen tekens van veroudering en sonskade te beskerm.

Vitamien C is verder bekend vir sy velverhelderende eienskappe en kan danksy antioksidante selvernuwing aanmoedig om daardie klein, droë velvlekkies vry te spring.

Bronne: Glamour, Nivea.co.uk, Vogue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.