Luister: Onthou die sonskerm!

(Argieffoto: Verskaf)

Voordat jy hierdie vakansie op die strand uitspan, die berge invaar of selfs die bos platry, is dit uiters belangrik om heel eerste na jou vel om te sien deur gereeld sonskerm aan te wend.

Die son is ʼn groot sondebok wanneer dit kom by voortydige velveroudering, pigmentasie en velkanker, en daarom is ʼn goeie sonskerm die belangrikste deel van jou velsorgroetine én ʼn moet-hê-item in jou vakansie-rugsak.

Maroela Media het vroeër vanjaar met dr. Vanessa Lapiner, ʼn dermatoloog en eienaar van die TASH360-velsorgsentrum in Seepunt en stigter van die Root4-velsorgreeks, gesels vir ʼn omvattende en insiggewende reeks oor velsorg.

In die eerste episode van dié reeks het Lapiner gesels oor verskille tussen die onderskeie sonbeskermingsfaktore en gee sy raad oor sonskerms wat nie ʼn groot duik in jou bankbalans sal maak nie.

Natuurlik is modieuse hoede nie net ʼn manier om enige somersuitrusting af te rond nie, maar is dit ook ʼn noodsaaklike klerekasitem wat die son afweer.

Volgens Cosmopolitan.com is bofbalpette in neutrale kleure soos beige en grys, laphoede en panamahoede met wye rande ʼn byderwetse toevoeging tot die strandsak.

  • Luister boaan die berig na die volledige insetsel oor sonskerm in gesprek met dr. Vanessa Lapiner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.