By vanjaar se Screen Actors Guild- (SAG-)toekennings het die bekendes weereens hul vere behoorlik reg geskud en veral in skakerings van blou en wit gepronk.
Die 26ste jaarlikse SAG-toekennings is Maandag 03:00 (SA tyd) in Los Angeles in die VSA uitgedeel.
Vanjaar het bekendes soos Jennifer Aniston haar gebruiklike swart rok verruil vir ʼn wit Christian Dior-satynrok. Aniston het die toekenning vir beste aktrise in ʼn dramareeks ontvang vir haar rol as Alex Levy in The Morning Show.
Aniston en Reese Witherspoon is saam in dié reeks te sien.
Witherspoon het ʼn noupassende swart-en-silwer eenskouerrok gedra wat geblink het terwyl sy met die tapyt af gestap het.
Zoë Kravitz het verras met ʼn perskekleur rok en lang wit handskoene, terwyl die res van die bekendes dikwels wit-en-blou uitrustings verkies het.
Lae halse, wye rompe en kaal skouers was vanjaar aan die orde van die dag, terwyl die mans netjies in tradisionele swart pakke gelyk het.
Kyk hier hoe die bekendes gelyk het:
- Reese Witherspoon (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Jennifer Aniston (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Lili Reinhart (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Charlize Theron (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Elisabeth Moss (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Scarlett Johansson (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sarah Hyland (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Zoe Kravitz (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sian Clifford (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sarah Goldberg (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Brad Pitt (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Francesca Reale (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Michelle Williams (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Laura Dern (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Samira Wiley (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Yvonne Strahovski (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- D’Arcy Carden (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Renee Zellweger (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Joaquin Phoenix (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Phoebe Waller-Bridge (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sam Rockwell (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ja, en daar het ‘ons’ Charlize toe beduie sy sal haar ‘hemp’ uittrek as sy ‘n toekenning kry. Wie wou sy ‘beïndruk’?
Sjoe, Jen Jen Jen! en natuurlik Janet (D’arcy) is asemrowend
Van die foto’s wat jul gekies het om te deel by hierdie artikel reflekteer nie die Christelike waardes wat jul beweer jul ondersteun as ‘n mpy nie. Terleurstellend dat jul nie meer betroubaar is nie.
Nici, waarna verwys jy? Die klere dalk? Daar was nie klere erger (kaler?) as enige iets wat ons elke dag oral in die media sien nie. Daar is eintlik een of twee rokkies wat ek gedink het is nogal oud modies en dogtertjierig. En ek is maar vaal en konserwatief, maar lyk my ek het die spoor byster geraak êrens.