Altesaam 11 mense is beseer toe twee treine mekaar Vrydagoggend net na 08:00 by Berea-stasie in Durban getref het.
“Een van die persone het kritieke beserings opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie sal ondersoek instel.”
Volgens Botha is al die beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is.