14 skoolkinders beseer na voertuig op diesel gly

Veertien skoolkinders is beseer nadat twee voertuie vanoggend reg van voor teen mekaar in Gauteng gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk is moontlik veroorsaak nadat die voertuie op diesel, wat op die padoppervlakte gelek het, gegly het. “Die voorval het by ʼn kruising in Maraisburgpad naby Maraisburg plaasgevind. Die diesel het glo uit ʼn passasiersbus gelek op die kruising met Commandoweg. Die hele padoppervlakte was omtrent met diesel bedek,” het Jackson gesê.

“Die bestuurders van albei die voertuie het beheer verloor toe hulle oor die diesel gery het en het mekaar reg van voor gebots. ʼn Ligte voertuig en ʼn enkelkajuitbakkie was in die voorval betrokke. Die 14 skoolkinders, almal omtrent 8 jaar oud, het agter in die bakkie gesit en was onderweg skool toe. Die kinders is vir geringe beserings behandel en saam met die bestuurders na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Jackson gesê.

Paramedici en die brandweer het die pad gesluit terwyl die lekkasie opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.