28-jarige man vermis

Michael Walter Clarke. Foto’s: Facebook

Michael Walter Clarke (28) van Kaapstad word sedert Saterdag vermis nadat hy by ʼn familielid in Brooklyn, Pretoria, gaan kuier het.

Volgens Missing Children SA is Clarke die laaste keer gesien toe hy buite sy neef se huis in Williamstraat, Brooklyn,  ʼn sigaret gaan rook het. Sy selfoon, sleutels, beursie en ander persoonlike items is in die huis agter gelaat. Hy het ʼn T-hemp, kortbroek en insteekplakkies aangehad. Clarke het kort bruin hare, bruin oë, is 1,7m lank en weeg 75kg. Hy het tatoeëermerke op beide sy bo-arms. Die woord “Marley” is op sy een kuit getatoeëer.

Mense met inligting oor waar Clarke hom bevind, kan die Brooklyn-polisie by 012 366 1700 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.