‘n Driejarige seuntjie het Saterdagaand in ‘n swembad by ‘n huis in Elandspoort, Pretoria-Noord, verdrink.
Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, was die seuntjie alleen toe hy in die onbedekte swembad geval het. ‘n Inwoner van die huis het sy drywende liggaam in die swembad gesien. Die seuntjie is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal die voorval ondersoek.