Alan Lipman, die man wat ʼn instrumentele rol gespeel het tydens die opstel van die Vryheidsmanifes, is op die ouderdom van 88 jaar oorlede.
Lipman is oor die naweek in sy huis in Johannesburg oorlede met sy vrou, Beata, aan sy sy, berig The Star.
Lipman het bekendheid verwerf vir die rol wat hy gespeel het om die Vryheidsmanifes in 1955 op te stel. Die Vryheidsmanifes is die fondasie vir die land se demokratiese grondwet.
Sy vrou het na bewering die oorspronklike manifes met die hand geskryf.