‘n Man van Duitsland het sy motor twee jaar later opgespoor nadat hy vergeet het waar hy die voertuig parkeer het.
Ná ‘n aand in Desember 2010 waar hy te veel alkohol gedrink het, het hy sy voertuig die volgende dag gaan soek, maar dit in München as gesteel aangemeld toe hy die motor nie kon opspoor nie. Owerhede het dit toevallig verlede maand opgespoor nadat ‘n verkeersbeampte opgemerk het dat die lisensie verval het. Die motor het 4km verder parkeer gestaan waar die 33-jarige man gedink het hy het dit parkeer. “Die eienaardige ding is dat dit so ver parkeer was, alhoewel die eienaar redelik seker was waar hy die voertuig parkeer het,” het Alexander Lorenz, woordvoerder vir die polisie in Bavaria, gesê. Daar was ook gereedskap in die kattebak ter waarde van sowat R440 000 insluitend bore en elektriese skroewedraaiers, het Lorenz gesê.
In Suid-Afrika sou hy nie eers die wiele teruggekry het nie