Bestuurder steeds soek na gru-ongeluk

Foto: ER24

Die bestuurder van ʼn vragmotor wat in ʼn gru-ongeluk betrokke was waarin 12 mense dood is, was teen Donderdagaand steeds soek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die bestuurder het gevlug nadat sy vragmotor vroeg Donderdagoggend reg van voor teen ʼn Mercedes Sprinter gebots het in Vereeniging. Dlamini sê die bestuurder is na die ongeluk in Sebokeng-hospitaal opgeneem en is later ontslaan. “Ons het sy besonderhede en hoop om hom binnekort te vind.” Die Mercedes het werknemers van ʼn maatskappy in Klerksdorp vervoer toe die ongeluk plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.