Billike-indiensnemingsverslag glo gebrekkig

Volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) herhaal die dertiende verslag van die Kommissie vir Billike Indiensneming soortgelyke foute en wanvoorstellings van inligting wat reeds in vorige jare deur die instituut uitgewys is.

Die verslag is Donderdag by die indaba oor gelyke indiensneming en transformasie in Johannesburg bekendgestel. Mildred Oliphant, die minister van arbeid, het tydens die bekendstelling uit die Vryheidsmanifes aangehaal, wat lui: “All laws which discriminate on grounds of race, colour or belief shall be repealed.” “Dit is werklik ironies dat hierdie woorde aangehaal is om die Wet op Gelyke Indiensneming se wettiging van diskriminasie op grond van ras te verdedig,” het Paul Joubert, senior navorser by die SNI, gesê.

“Die benadering wat die kommissie in vanjaar se verslag gevolg het, is opnuut ’n dogmatiese gebruik van die rassesamestelling van Suid-Afrika se ekonomies aktiewe bevolking as die enigste maatstaf om die vordering van rassetransformasie te meet, terwyl alle ander faktore wat tot rassetransformasie of die meting daarvan relevant is, uitgesluit word. So ’n benadering is nie net uiters eensydig nie, maar dit strook ook nie met artikel 42 van die Wet op Gelyke Indiensneming nie.” Volgens Joubert fokus die kommissie, soos in die verlede, hoofsaaklik op die stadige rassetransformasie van die topbestuursvlak, selfs al verteenwoordig die 52 611 mense op hierdie vlak nie eers 1% van die totale aantal werknemers wat deur die verslag gedek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jayare ·

Hoekom wil maatskappye nee transformeer nie? Want al die instirute wat reeds getransformeer het sos bv. Escom. SAA, UNISA Munisipaliteite is besig om agteruit vorentoe te beweeg.

H J Bester ·

Die ANC-regering diskrimineer tans teen ‘n sekere deel van die bevolking in die naam van transformasie – en verder verlaag tranformasie alle standaarde oral waar dit “afgedwing” en toegepas word. Die uiteinde is ‘n swak ekonomie met gevolglike werkloosheid en armoede. Dit vind reeds plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.