Boer, huiswerker geskiet deur plaaswerker

‘n Boer van Soutpan in die Vrystaat, Leonard Haasbroek (58), en sy huiswerker is Donderdag deur ‘n plaaswerker aangeval.

OFM berig dat ‘n 18-jarige man, wat deeltyds op die plaas gewerk het, glo gistermiddag die plaashuis binnegestap en op Haasbroek en Angeline Rakokoloto (33) losgebrand het. ‘n Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê Haasbroek kon daarin slaag om die vuurwapen by die verdagte af te neem voor hy deur die polisie in hegtenis geneem is. Gaobepe sê Haasbroek en Rakokoloto word in die Bloemfonteon Mediclinic behandel. Hy kon nie besonderhede verskaf oor hul beserings nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.