Mark Isaac Smith (53), ʼn assistent hysbaktegnikus, is Woensdag dood ná die hysbak waaraan hy gewerk het, hom doodgedruk het.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Junie 2012
Rowers gooi petrolbom in Kaapstad-nagklub
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting ná ʼn nagklub in Observatory, Kaapstad, afgebrand het.
Chanelle Henning: Monye het glo gelieg
Ambrose Monye, die man wat daarvan aangekla word dat hy Chanelle Henning vermoor het, is Vrydag deur die aanklaer beskuldig dat hy oor vorige skuldigbevindings gelieg het.
Christa Steyn hou haar laaste konsert
Christa Steyn se “laaste konsert” het vir ʼn lag met ʼn traan gesorg. Sy is Vrydagoggend, op die dag wat sy haar 54e verjaardag sou vier, tot ruste gelê.
E-tol: AfriForum doen stappe teen regering se appèl
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het as volgende stap in die organisasie se stryd teen die omstrede e-tolstelsel, aansoek gedoen om as vriend van die hof toegelaat te word.
Verstommende verwikkelinge in 13-jaaroue moordsaak
Die bestuur van Rosebank Mall in Johannesburg wou nie Donderdag kommentaar lewer oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat die bekende Thai-restaurant, Cranks, toegemaak het nie.
Iemand van sy wysie af bring
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “iemand van sy wysie af bring”.
Bekende filantroop gekaap
Die polisie is op soek na die mans wat Gift of the Givers se stigterslid, dr. Imtiaz Sooliman, en sy vrou Donderdagaand gekaap het.
Skietgeveg buite hoërskool
Lede van teenstrydige bendes het Donderdag ʼn paar meter buite Hoërskool Crystal in Hanover Park in die Wes-Kaap, op mekaar begin skiet.
Video: Duis:lig
‘n Nuwe geestelike golf het die Afrikaanse kerk getref en elke herlewing het ‘n klankbaan van sy eie. Elke generasie moet sy eie stem vind wanneer God die duisternis in hulle met sy helder lig kom nuutmaak. Duis:Lig is so ‘n klankbaan. Duis:Lig is daardie stem.
Rolene Botha skuldig aan moord
Rolene Botha wat haar man in 2010 met haar kaal hande aangerand het, is Donderdag skuldig bevind aan moord.
SA se bankkoste die duurste van 27 lande
Suid-Afrika het die hoogste gemiddelde OTM-onttrekkingskoste van 27 lande.
Pa wat kinders vermoor, pleeg glo selfmoord
Die pa van die Wes-Kaap wat in hegtenis geneem is nadat hy glo sy twee kinders Woensdag in Muizenberg vermoor het, is Donderdagaan in die hospitaal dood nadat hy sy eie keel probeer afsny het.
Nuuskommentaar: Warmbroeiery van persepsies
Twee kabinetslede is na Genève gestuur om Suid-Afrika se saak voor die VN se Menseregteraad te stel, spesifiek oor Suid-Afrika se grondwet en spesifiek die handves van menseregte.
Boer, huiswerker geskiet deur plaaswerker
‘n Boer van Soutpan in die Vrystaat, Leonard Haasbroek (58), en sy huiswerker is Donderdag deur ‘n plaaswerker aangeval.
“Ek het verkrag omdat ek verveeld was”
‘n Gevangene wat voordeel getrek het uit president Jacob Zuma se spesiale vonnis-omskakeling is weer in hegtenis geneem nadat hy glo by ‘n vrou se huis ingebreek en haar verkrag het, glo omdat hy verveeld was.
Foto’s: Beeldmateriaal van Spar-rooftog
Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe ‘n bende wat die naweek die bestuurder van die Randburg Spar vermoor het, veiligheidswagte aanval en verby veiligheidskameras beweeg sonder om hul gesigte te probeer wegsteek.