ʼn Boetie en sussie het Woensdagmiddag in Hercules in Pretoria verdrink.
“Die sesjarige dogter en haar driejarige boetie was op pad na hul tannie se huis toe hulle Woensdagmiddag in ʼn dam gaan swem het,” het kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, gesê. Hul nefie het glo ook saamgeswem, maar hulp gaan soek toe die twee in die moeilikheid geraak het.
Paramedici het die seuntjie se liggaam uit die water gehaal. Hy het reeds verdrink. Lede van ʼn soek- en reddingspan moes eers die dogter se liggaam soek.
Waar in die lewe laat jy sulke klein mensies toe om in ‘n dam te gaan swem? Waar is die ouers se komensens gewees – innig simpatie word hiermee gegee!