‘n Brand het Vrydag die boonste blok van Gimnasium Hoërskool in Potchefstroom verwoes.
Die brand het moontlik ontstaand nadat ‘n weerligstraal die gebou getref het, berig OFM. “Die weerlig het die skool omstreeks 14:30 getref,” het Bertus le Roux, ondervoorsitter van Gimnasium se beheerliggaam, aan OFM gesê.
OFM bevestig die skoolhoof en personeellede kon een klaskamer se meubels, handboeke en toerusting betyds red.
Volgens Le Roux was brandbestryders vinnig op die toneel en het hulle die brand vinnig onder beheer gebring. Een klaskamer, ‘n klerebank en boekestoor is egter verwoes, volgens OFM.
ER24 het bevestig niemand is in die voorval beseer nie.