Brand verwoes deel van Potch-skool

Foto deur die gebruiker @schabbies op Twitter gelaai

‘n Brand het Vrydag die boonste blok van Gimnasium Hoërskool in Potchefstroom verwoes.

Die brand het moontlik ontstaand nadat ‘n weerligstraal die gebou getref het, berig OFM. “Die weerlig het die skool omstreeks 14:30 getref,” het Bertus le Roux, ondervoorsitter van Gimnasium se beheerliggaam, aan OFM gesê.

OFM bevestig die skoolhoof en personeellede kon een klaskamer se meubels, handboeke en toerusting betyds red.

Volgens Le Roux was brandbestryders vinnig op die toneel en het hulle die brand vinnig onder beheer gebring. Een klaskamer, ‘n klerebank en boekestoor is egter verwoes, volgens OFM.

ER24 het bevestig niemand is in die voorval beseer nie.

Brandbestryders en paramedici op die toneel Foto: @ER24EMS op Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.