Brittanje maan besoekers aan SA na ‘verkragting’

Die Britse regering het sy burgers gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hulle Suid-Afrika besoek na ʼn 29-jarige Britse vrou glo die naweek in Mpumalanga verkrag is.

Die MailOnline berig dat die voorval Sondagoggend in Mpumalanga plaasgevind het nadat die 29-jarige vrou en haar Suid-Afrikaanse vriend deur vier mans gekaap is. Die mans het die vrou glo herhaaldelik verkrag oor ʼn tydperk van 14 ure. Die vrou se vriend is glo met ʼn mes in die ben gesteek en het beserings aan sy rug opgedoen. ʼn Verbygaande motoris is glo deur die kapers doodgeskiet nadat hy die vrou en haar vriend probeer help het. ʼn Woordvoerder van die kantoor van vir buitelandse sake het ʼn beroep gedoen op toeriste om veral waaksaam in die KwaZulu-Natal te wees waar toeriste glo gekaap en beroof is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.