Pretoria se naam sal voor einde 2012 na Tshwane verander word ongeag die koste daarvan of opposisie daarteen, volgens die uitvoerende burgemeester Kgosientso Ramokgopa.
Pretoria News berig dat Ramokgopa gesê het Pretoria se naam sowel as die name van 21 strate voor die einde van 2012 verander sal word. Ramokgopa het Maandag by Vryheidspark die uitlatings gemaak tydens die onthulling van 13 name van slagoffers wat gedurende ʼn protesoptog in 1985 doodgeskiet is. Ramokgopa is aangehaal waar hy glo gesê het “Ons is vasberade en hardkoppig om te verseker dat ons geskiedenis korrek aangeteken word omdat ons dapper helde die hoogste prys betaal het”. Ramokgopa het glo ook gesê hy gee nie om oor die koste van die naamveranderings nie aangesien geen geld te veel is vir die “korrekte optekening van geskiedenis nie”.