Henning (26) is in November 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seun by ʼn kleuterskool in Faerie Glen, Pretoria, afgelaai het. Monye het vroeër gesê dat hy nog nooit vantevore skuldig bevind is nie, berig EWN. Vrydag het hy egter genoem dat hy aan die streng borgvereistes voldoen het terwyl hy op ‘n ander geleentheid op borgtog vrygelaat is. Staatsaanklaer Gerrie Nel het aan Monye gesê dat hy al skuld erken en skulderkenningsboetes op twee vorige geleenthede betaal het. Een daarvan was vir die aanranding van ʼn vrou en een vir die onwettige besit van dwelmmiddels. Nel het aan die hof gesê dat Monye hierdie misdade gepleeg het terwyl hy tydens ʼn moordsaak op borgtog vrygelaat is. Die voormalige Nigeriese Olimpiese atleet is uiteindelik vrygespreek.
Monye het onkunde gepleit en gesê dat hy nie geweet het dat dit as skuldigbevindings geag word nie, aangesien hy nooit tyd in die tronk spandeer het nie.