Twee mans wat aangekla word van die moord op Chanelle Henning sal Woensdag in die Pretoria landdroshof verskyn.
Gerhardus du Plessis (34) en Willem Pieterse se regsverteenwoordigers het tydens hulle vorige verskyning verlede maand bekendgemaak dat hulle in onderhandelings met die staat is om ʼn pleitooreenkoms aan te gaan. Die aanklaer, Andrea Johnson, het vroeër gesê dat daar teen vandag besonderhede hieroor bekendgemaak kan word. Du Plessis, ʼn geskorste polisiebeampte, het vroeër erken dat hy Henning doodgeskiet het op 8 November, kort nadat sy haar seuntjie Benjamin by sy kleuterskool in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, afgelaai het. Pieterse was glo die bestuurder van die motorfiets wat in die moord gebruik is.
Vir die gebeure rondom Chanelle Henning se moord klik hier.