Die 88ste Comrades-marathon het Sondagoggend om 05:30 in Durban begin.
Sowat 17 000 mense, van die meer as 19 000 inskrywings, het die wegspringstreep oorgesteek toe hulle met die 86.86km “opdraende”-wedren na Pietermaritzburg begin het.
Mike Fokoroni van Zimbabwe, en die twee Suid-Afrikaners Claude Moshiywa en Johannes Kekana is tans in die eerste drie plekke vir die mans-wedloop.
Elena Nurgalieva van Rusland het ná drie ure vier minute saam met haar tweelingsuster, Olesya, die halfpadmerk oorgesteek. As Elena suksesvol is, sal dit die agtste keer wees wat sy die wedloop vir vroue wen.