
Steve Hofmeyr
Dis dalk oordrewe syfers, maar dit kon ʼn boer se lewe gered het.
Só sê Steve Hofmeyr in reaksie op die wye kritiek wat sy skrywe “My tribe is dying like flies”, wat onlangs op sy blog gepubliseer is, uitgelok het.
Hofmeyr het vanmiddag ʼn artikel gepubliseer waarin hy reageer op die kritiek wat die webwerf Africa Check en die Sondagkoerant Rapport uitgespreek het op sy eerste artikel. In die tweede artikel sê Hofmeyr onder meer die syfers wat hy in sy eerste artikel aangehaal het, mag dalk foutief wees, en indien dit is, vra hy om verskoning. Maar die realiteit, sê hy, is dat die mees konserwatiewe van die onbetroubare syfers wat beskikbaar is, genoeg behoort te wees om die regering tot aksie te laat oorgaan om ʼn einde te bring aan wat hy “ʼn moord op my klein volkie” noem.
Hofmeyr verwys ook na die onbetroubare aard van die SAPS se beskikbare statistiek, iets waaroor alle bronne – Africa Check en Rapport inkluis – dit eens is.
“Indien relatief misdaad- en moordvrye samelewings nie die vrug van duur vryheid kan wees nie, het hierdie kinders [sien foto’s onderaan] moontlik almal vergeefs gesterf,” het Hofmeyr gesê. “Miskien moes ons dit sien kom het. Die Hector Peterson-foto het ikoon-status bereik, terwyl niemand die naam van die wit seun onthou nie. Dit is nêrens gepubliseer nie. Asof sy belangrikheid in die niet verdwyn het tydens die Kersfees van 1985, toe Nelson Mandela se ANC een van hul talle bomme laat afgaan het, hierdie keer in Amanzimtoti. Johannes (8), Willem (2) en Isabella (5) het nie gestaak nie, het nie betoog nie, hulle het nie klippe gegooi nie, hulle het nie hoogverraad gepleeg of die polisie met gewere en knopkieries aangeval nie, maar hulle het koelbloedig in opdrag van Sibusiso Andrew Zondo gesterf.”
Hofmeyr steun sy standpunt met 16 argumente in die volledige artikel, wat hier gelees kan word.
Sowat 40 minute na die publisering van die artikel het Hofmeyr getweet dat meer as 12 000 mense dit reeds gelees het.

Foto deur Steve Hofmeyr verskaf

Foto deur Steve Hofmeyr verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Eks net n gewone wit vrou wat grasg nuus kyk ! Toe. One aangeval is is die goed Freedom fighters ‘ genoem ! Toe amerika en Europa aangeval word word hul terrorisste genoem ! ! ! 2 stelle reels ! ! !
Steve baie dankie, kan ‘n mense lewens met getalle verglyk
kyk Paul Weston “I am a Racist”,op you tube, hier word ons vermoor, so ver is hulle nog gelukkig
Vanuit watter hoek daar ookal gekyk word na plaasmoorde, bly dit afskuwelik en is die groot getalle plaasboere wat tot dusver vermoor is, onrusbarend. Daarenteen is die ANC-regering se houding dat plaasmoorde nie uitsonderlik is nie, tog verstommend en kry mens soms so die indruk dat dit eintlik hul goedkeuring wegdra. As ‘n Steve Hofmeyer homself dus daaroor uitspreek, hetsy verwytend of nie, tas dit die waarheid van die gruwel nie aan nie en maak dit dus ook nie meer saak of dit ‘n duisend of tienduisend is nie. Daar moet net nooit daarmee gestaak word om dit onder die… Lees meer »
Die DA houding teenoor plaasmoorde verskil ook nie veel van die ANC s’n nie, os ongelukkig lyk dit my as jy ‘n boer in SA is – swart of wit – is jou dae getel. Dit is ook nie ‘n oplossing om te se maar ons kan goedkoop invoer van die buiteland af nie, want iewers moet iemand to produseer, almal kan nie net invoer nie, en daarom moet ons boere ten alle koste beskerm word. Ongelukkig is boere in die minderheid en beide die ANC/DA doen net iets waar hulle die meerderheid stem kan bekom. Minderhede – Afrikaners /… Lees meer »
Steve, carry on with your good work by bringing attention to the plight of whites. This plight must be taken to overseas media aswell. We support you full heartedly.