Dokter in hof oor seksuele aanranding

ʼn Dokter wat daarvan beskuldig word dat hy vier seuns seksueel aangerand het, het Donderdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.

Lt. kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, sê die saak is na die Humansdorp-streekshof oorgeplaas en uitgestel tot 20 Februarie. Die 54-jarige dokter is op 19 September in hegtenis geneem nadat twee ma’s aanklagte van seksuele aanranding teen hom aanhangig gemaak het. Die seksuele misdrywe het glo in 2003 in die dokter se spreekkamer plaasgevind. Drie van sy beweerde slagoffers is broers, wat destyds tussen die ouderdomme van agt en 10 jaar oud was. Die vierde slagoffer was nege jaar oud ten tyde van die beweerde seksuele mishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.