Drie mense is dood en minstens 28 beseer na vyf motors in ʼn kettingbotsing betrokke was op de N14 buite Kathu in die Noord-Kaap.
ʼn Woordvoerder van ER24, André Visser, sê ʼn taxi het glo in ʼn motor vasgery wat toe in die motor voor dit vasgery het. ʼn Vragmotor het hierna teen die taxi gebots. ʼn Derde motor het hierna ook teen die taxi gebots. Visser sê drie insittendes van die taxi is ernstig beseer en is op die toneel dood verklaar. Drie ander passasiers was in die taxi vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die oorblywende 25 passasiers is op die toneel behandel vir hulle beserings.