Drie mense is Sondag dood in ʼn trompop-botsing op die N12 in Soweto, Gauteng.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê twee motors het reg van voor gebots naby die Eldorado Park-afrit. Hy sê ʼn man, ʼn tweejarige seuntjie en ʼn vrou is in die ongeluk dood. Botha sê drie mense is ernstig beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verder behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.