Kenneth Webb van Indianapolis in Amerika het glo sy driejarige seuntjie aangerand omdat hy nie “mag ek asseblief” gesê het nie.
Webb (29) is van kinderverwaarlosing en aanranding van ‘n persoon jonger as 14 jaar oud wat tot besering gelei het, aangekla, het die Indianapolis Star berig.
Hy het glo aan die polisie gesê hy het die seun “meer as een keer geklap” omdat die seuntjie hom “nie in die oë gekyk het toe hy gepraat het nie”. Die gesprek het glo oor sinstruktuur gehandel. Die pa het verduidelik dat hy sy seun wou leer hoe belangrik dit is om ‘n sin te begin met “mag ek asseblief”.
Twintig minute ná die voorval het Webb se ma by die huis aangekom en die klapmerke op die kind se gesig gesien. Webb het erken hy het hom geslaan, maar glo nie besef hoe hard hy hom geslaan het nie, berig WISH-TV.
Die seuntjie is by ‘n hospitaal behandel en toe in sy grootouers se toesig ontslaan.
Indien Webb skuldig bevind word, kan hy tot 18 maande tronkstraf gevonnis word.
MONSTER !
3 is amper nog baba … dan is daar soveel mense wat graag ‘n kindjie wil he, en hierdie vreksel rand sy seuntjie aan.
Hoeveel sal nie hier aangerand word nie.
Monster is baie sag gestel. Daar is baie sulkes wat in die strate loop, wat weerlose kindjies verinneweer, wat nie hulle self kan verdedig. Sulke varke is papbroeke wanneer hulle voor hulle eie portuur verskyn.
Sluit hom toe en gooi die sleutel weg.
Seg moes nie eers daardie ouderdom geword het nie.
Die dr moes hom dood gemoker het.
Andries jys gemeen. Seg het maar net sy mening geuiter. Jy het defnitief niks tussen jou ore nie andries. Ek skryf jou naam met n klein letter want jys nie n hoofletter werd nie.
Ou groenie seg kan vir jou f all beteken. Jy kan net sy wrakke met die kots strepe en sy harem van ousies erf.
Ek wonder waar is sandvreter seg?
Volg vuurvliegie vreter. Oppad stroois toe.
Jy lieg soos ‘n goedkoop horlosie vreter. Jy het Andries se naam in hoofletters begin.
vuurhapper. seg uiter niks hy hap. dit is hoe nie hoofletters lyk.
Ja nee wat dit klink of andries net hier is om moeilikheid te soek in plaas van op die artikels kommentaar te lewer.
Party mense is nie bevoeg om ouers te wees nie. Die arme kind, mens hoor nou te veel van ouers wat hul kinders verwaarloos/aanrand. Dis n skande, God het hulle in ons sorg geplaas om na hulle te kyk. Hoop hy sit langer!!!! Vuilgoed!!!!! Wonder wat maak hy met grootmense, want baie is meer ongemanierd as kinders.
“mag ek asseblief” hom ‘n snot klap gee!!!!
More JAVR. “Mag ek asseblief” jou vra om daardie man meer as net n “snot klap” te gee? Dis te goed vir hom. As jy na sy foto kyk………ai, laat my aan n rot dink.
Ja hy het so mo.rmy gesig nê!