ʼn Man is dood toe sy motorfiets ʼn motor in Durban getref het, het paramedici Saterdag gesê.
“Die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 21:20 naby die Spar in Taraweg in Bluff plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, in ʼn verklaring gesê. Die motorfietsryer is glo ʼn paar meter ver van die ongelukstoneel af aangetref. “Paramedici het tevergeefs probeer om die man by te bring.”
Die motoris is nie beseer nie.
Die polisie sal die ongeluk ondersoek.
Dis so sad om elke dag te lees van moterfiets ryers wat so sterf eks mal oor groot bikes my man sy grootbike verruil vir n grootbass boot toe ons met n gesin begin sterkte aan di families
Dit is altyd hartseer om dit te lees. Ek stem, daar is niks so lekker as ‘n rit op ‘n groot motorfiets nie, die son, wind deur mens se hare.
Van my af ook, rus in vrede, en sterkte aan die man se familie in hierdie hartseer tyd.