E-tol dalk nog voor die einde van 2012

E-tol kan moontlik voor die einde van 2012 in Gauteng in werking tree.

Die taakspan op die e-tolprojek het Woensdag met kabinetslede vergader en voorgestel dat dié omstrede tolprojek nog voor die einde van die jaar in Gauteng in werking gestel moet word, het EWN berig. ‘n Hersiening van die projek deur die hooggeregshof sal na verwagting vroeg in November plaasvind. Die taakspan, onder leiding van adjunk-president Kgalema Motlanthe, het sy aanbeveling gedoen, en die kabinet moet nou besluit hoe hulle hiermee wil voortgaan.

‘n Aankondiging oor die e-tolprojek sal later dié week aangekondig word, of môre tydens die minister van finansies se begrotingstoespraak.

Zwelenzima Vavi van Cosatu het Dinsdagaand getweet: “Ons het vandag tydens besprekings met die regering oor e-tol vasgeval – maak vas jul gordels.”

Tegnies kan e-tol nog nie in November in werking tree nie, aangesien die tariewe eers in die staatskoerant publiseer moet word. EWN berig egter dat dit moontlik teen die einde van Desember of vroeg in Januarie in werking sal tree, aangesien beamptes verwag dat die hersiening deur die hooggeregshof ‘n langdurige proses sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.